ANDER

U Verifi verslag sal inligting insluit van die volgende maatskappye:
Momentum
Nedgroup Life
Old Mutual
PPS
Sanlam
STANLIB
ABSA Life
Allan Gray
Altrisk
Discovery
Fairbairn Capital
Liberty Group
FMI

Verifi Kompetisie Bepalings en Voorwaardes

 

Bepalings en Voorwaardes:

  1. Die kompetisie is slegs oop vir Suid-Afrikaanse Burgers, bo die ouderdom van 18 jaar.
  2. U mag inskryf en weer ‘n portefeulje aanvra indien u laaste versoek voor 1 April 2019 was. Aansoeke sedert 1 April 2019 sal nie geldig wees vir inskrywing nie.
  3. Die kontantprys kan ten volle of gedeeltelik ontvang word. Sou die wenners die moontlikheid van ‘n belegging van die fondse wou bespreek, kan dit gedoen word met ‘n Springpoint Finance Finansiële Raadgewer teen geen koste of verpligting nie.
  4. Sou die wenners verkies om die prysgeld te belê, sal belegging-opsies en -produkte beskikbaar gemaak word na die goeddunke van Springpoint Finance. Die kompetisie sluit nie lewens-produkte en verwante versekering in nie.
  5. Die kompetisie is slegs oop vir individue wat persoonlike aansoeke aanvra.
  6. Om in aanmerking vir die prys te kom, moet die individu die proses ten volle voltooi, insluitend ‘n telefoniese verifikasie van een van ons agente. Hierdie is ‘n veiligheidsmaatreël. Indien u nie die hele proses voltooi nie, sal u inskrywing nie geldig wees nie.
  7. Die kompetisie sluit nie derde-party aansoeke in nie.
  8. Die kompetisie sluit om middernag van 27 September 2019.
  9. Die wenners word lukraak getrek en sal in kennis gestel word, per epos en telefonies, teen nie later nie as 2 Oktober 2019.
  10. Die wenners moet bereid wees om gefotografeer te word as deel van ons bemarkingstrategie.