ANDER

U Verifi verslag sal inligting insluit van die volgende maatskappye:
Momentum
Nedgroup Life
Old Mutual
PPS
Sanlam
STANLIB
ABSA Life
Allan Gray
Altrisk
Discovery
Fairbairn Capital
Liberty Group
FMI

Wie Is Ons?

Wat is Verifi?

Verifi is 'n aanlyn hulpmiddel wat jou ‘n opgedateerde oorsig van al jou lewensversekering- en beleggingspolisse bied. Dit doen dit deur inligting van al die belangrikste lewensversekeringsmaatskappye te verkry - insluitend Old Mutual, Sanlam, Liberty en ander. Die inligting word aangebied in 'n omvattende verslag.

Verifi is, sonder enige koste, beskikbaar aan alle lede van die Suid-Afrikaanse publiek, een keer per jaar. Deur 'n enkele toegangspunt tot alle relevante inligting oor jou polisse te bied, sal Verifi jou tyd, geld en moeite bespaar.

Verifi verskaf inligting oor al jou lewe- en beleggingspolisse.

Watter inligting bied Verifi?

Verifi maak dit vir jou moontlik om in 'n oogopslag die tipes polisse wat jy het, die name van die versekeringsmaatskappye wat die dekking bied, die aard en omvang van die versekeringsdekking wat verskaf word, en ander belangrike inligting te sien.

Met Verifi sal jy onmiddellik die huidige waarde van jou lewensversekering- en beleggingspolisse kan bepaal. Hierdie inligting is 'n noodsaaklike instrument in die ontwikkeling van 'n suksesvolle finansiële beplanningstrategie. Daarbenewens help die kennis van die waarde van jou polisse jou om meer ingeligte besluite te neem sou jy 'n polis wil opgee (kanselleer) of 'n lening daarteen wil neem.

Met Verifi sal jy ook kan nagaan en bevestig dat al die besonderhede op jou polisse korrek is.

Waarom is dit belangrik om die besonderhede op jou polisse en beleggings te kontroleer?

Namate jou omstandighede verander, is dit noodsaaklik om te verseker dat jou lewensversekering en beleggings jou veranderende behoeftes voldoende dek. Afgesien van die finansiële implikasies van jou polisse, is dit belangrik om te verseker dat die inligting met betrekking tot die genoemde begunstigdes en jou persoonlike besonderhede korrek is. Die versuim om besonderhede op datum te hou, kan daartoe lei dat die verkeerde persone die fondse erf in die geval van jou dood.

Elke jaar, wanneer polisse verval, kan foutiewe besonderhede - selfs eenvoudige spelfoute- lei tot uitgerekte en soms duur vertragings in uitbetalings.

Met Verifi is jy in 'n posisie om onmiddellik die besonderhede op al jou lewensversekering- en beleggingspolisse te bevestig en korrektiewe stappe te neem waar nodig.